Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geliefde leraar groet gemeente

Geliefde leraar groet gemeente
 
2006-10-12


’n VOLGEPAKTE Strooidakkerk het Sondagoggend afskeid geneem van die geliefde ds Danie Lückhoff (58), wat die afgelope 14 jaar leraar van die gemeente was.

Lückhoff tree uit nadat hy verneem het dat hy sterwend aan kanker is. Hy is verlede jaar geopereer en behandel vir kanker van die ingewande, wat nou na sy skelet versprei het.

’n Kalm Lückhoff het aan sy oorstelpte gemeente gesê dat, hoewel sy liggaam siek is, sy gees gesond is, omdat hy na sy Skepper gaan.

Lückhoff, wat moeilik gestap het, is van die preekstoel gehelp sodat hy sy kleinseun, Ruben Kloot, kon doop.

Hy hoop om saam met sy vrou Annemarie nog besoek te bring aan ’n dogter wat in Johannesburg woon, asook sy seun wat in Skotland woon.

* A minister of the Strooidak Church in Paarl bade farewell to his congregation from the pulpit on Sunday. He has been diagnosed with terminal cancer.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za