Perde ingespan
2006-10-19
HONDERDE perde - ponies, trek- en gymkhanaperde - is op pad na Windmeul vir die Trekperdfees môre en Saterdag op Nelson's Creek Wynlandgoed.
Op albei dae is vertonings en demonstrasies en kan besoekers deel in ’n wynfees met vrolike musiek.
Demonstrasies sluit in sweepvleg, hoef beslaan, tuiemaak en wielkorting. Swartkruit-entoesiaste kan hulle verlustig in demonstrasies met voorlaaiers en pangewere.
Saterdag om 12:30 sal ’n aanslag gemaak word op die wêreldrekord vir die hantering man-alleen, van 20 perde in halters aan ’n lyn.
Daar sal ’n goudstormloop wees, piekniek en ’n uitstalling deur 16 kunstenaars.
Perdesport soos dressering en gimnastiek, is op die program.
Daar is perde-en waritte in die wingerde.
Saterdag sal Hoër Landbouskool ’n WP gimkanatoernooi aanbied waaraan tot 70 ruiters sal deelneem.
Daar is om 17:00 ’n veiling van perde.
Toegang is R40 (pensionarisse R30, skoliere R20).
* A festival to celebrate cart-horses will be held in Agter-Paarl tomorrow and Saturday.
More
News
|