Wellington maak reg vir Cobra Rally
2006-10-26
DIE Cobra! Nee, dit is nie ’n slang in die gras nie, maar na verwagting sal sowat 4000 motorfietse volgende naweek op Wellington toesak vir die afskop van die agste Cobra Rally.
Die Rally, die tiende grootste motorfietsbyeenkoms in die land, word vanjaar vir die derde keer by Antoniesvlei gehou en dit beloof om ’n fees vir enige motorfietsgeesdriftige te wees.
Die opbrengs sal aan bejaardes van Wellington geskenk word, met die ACVV, Silwerkruin en die Wellington Bejaarde-vereniging wat hierby sal baat.
Die Rally vind vanaf 3 tot 5 November plaas en toegang tot Antoniesvlei vir die naweek is R150 per persoon. Talle kompetisies sal onder die motorfietse plaasvind, met ’n top prys van ’n vakansie vir vier mense na die Turkse motorfiets Grand Prix.
Daar sal voedsel- en kunsstalletjies wees en Big Brother wenner, Ferdinand Rabie, gaan Saterdagmiddag optree.
More
News
|