Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington se vergete kunstenaar

Wellington se vergete kunstenaar
 
2006-10-26


HOEVEEL mense onthou vir “Mrs” Knox, die talentvolle kunstenaar wat destyds gewoon het in die ou markgebou op Wellington?

Ethel Wardell het tot haar dood in 1974 gewoon in die historiese ou geboutjie met sy mooi kloktoring langs die NG Moederkerk.

Hierdie gebou wat in 1976 as een van Wellington se historiese geboue aangewys is, huisves vandag die Wellington Toerismeburo.

Wardell was getroud met Henry Knox wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog behulpsaam was met die ontwerp van die Rolls Royce vliegtuigmotore in Brittanje.

Die egpaar het hulle in 1934 in Suid-Afrika gevestig en later op Wellington kom woon. Aan haar vriende was sy bekend as “Peter” Knox.

Sy is in 1892 in Nieu-Seeland gebore en het reeds op ‘n jong ouderdom in London kuns studeer. Sy het talle uitstallings oral in Brittanje en Europa gehou en onder haar nooiensnaam van Ethel Wardell geskilder.

Op Wellington het sy ‘n agentskap in die ou markgebou bedryf, terwyl haar man artikels vir talle motortydskrifte geskryf het.

Sy was ook verantwoordelik vir die maak van die reuse papier maché maskers wat tydens die eerste Paarlse Wynskou deur die strate gedra is.

In Augustus 1974 is sy op 82-jarige ouderdom op Wellington oorlede. Van haar skilderye hang vandag in Ouma Granny’s Huismuseum (Vrydae oop vir besigtiging).



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za