Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Van Paarl tot Parys

Van Paarl tot Parys
 
2006-10-26


’n PAARLIET, Wesley Veldsman, is eersdaags op pad Parys toe.

Veldsman is ’n drywer by die Desmond Tutu Tuberkulose Sentrum by die Tygerberg Kampus van US se Fakulteit Gesondheidswetenskappe, maar hy kén van die ekstra myl loop, en dit het nou ’n wonderlike geleentheid vir hom gegee.

Op Wêreld Tuberkulosedag vroeër vanjaar, het Wesley sy bouvaardighede ingespan met ’n baie spesiale foto-uitstalling wat deur Aartsbiskop Desmond Tutu geopen is in Nyanga.

Die uitstalling is nie jou gewone nie: die sensitiewe foto’s van TB-lyers, geneem deur ’n begaafde fotograaf, Damien Schumann, is (tesame met hul stories) aangebring op die mure van ’n volledig gemeubileerde plakkershut!

Met ander woorde, jy stap as’t ware deur die plakkershut en ervaar eersterangs die sosiale omstandighede van die meerderheid van ons land se TB-lyers - ongelooflik effektief.

Só het Wesley keer op keer gehelp om die plakkershut te bou en weer uitmekaar te haal. Maar dit is het einde niet.

Die organiseerders van die 37ste Wêreld Tuberkulose Kongres in Parys, Frankryk, het van die uitstalling te hore gekom, en ’n uitnodiging gerig dat die plakkershut daar uitgestal word voor ’n gehoor van ongeveer 3000 internasionale mediese kongresgangers van oor die wêreld.

Die plakkershut het reeds drie weke gelede op ’n vragskip die tog ter see aangepak en het veilig aangeland.

Wesley, van Jansenstraat, Paarl-Oos, en die res van die span vlieg Saterdagaand Parys toe om die groot werk te gaan doen op internasionale bodem.

* A Paarl man is to travel to Paris, France, for an exhibition.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za