Moeg vir misdaad
2006-11-02
MEER as 150 mense het Saterdag in Groot Drakenstein in die pad geval teen misdaad.
Volgens insp Ferdinand Parks is die wetsgehoorsame burgers van Lanquedoc “moeg van misdaad”.
Daarom het polisie- en buurtwaglede ’n uur lank van een na die ander beweerde smokkelhuis gemarsjeer en hul misnoë met die bedrywighede op die persele uitgespreek.
Lanquedoc is die gebied in Groot Drakenstein met die hoogste misdaadsyfer, sê insp Parks.
More
News
|