Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hupstoot vir sentrum

Hupstoot vir sentrum
 
2006-11-09


DIE bekendstelling van die opgeknapte Breytenbach Kultuursentrum en sy werksaamhede het Saterdag op Wellington plaasgevind.

Die groot probleem bly befondsing, want die geld wat vanaf die Lotto verkry is, is slegs genoeg om die gebou te restoureer.

Baie noodsaaklike toerusting moet nog verkry word en maandelikse bedryfskoste beloop etlike duisende rand.

Maar Saterdag het die sentrum ’n groot hupstoot gekry toe Ton Vosloo, voorsitter van Naspers, namens die firma R400 000 oorhandig het.

In Maart 1998 het die Breytenbach-familie (die skrywer Breyten Breytenbach en broers Cloete, Jan, Sebastian en suster Rachel) hul steun vir die moontlike vestiging van ’n kultuursentrum in hul voormalige familiehuis, Grevilleas, gegee.

Aksiekomiteelede Eugenie Wiggins, Johan Conradie, Manie en Winnie Rust het met Wellington Munisipaliteit, eienaars van die gebou, onderhandel.

’n Raad van Trustees is in November 2000 gekies en die Munisipaliteit het besluit om die huis aan die Trust oor te dra. ’n Moeisame proses het gevolg om fondse te bekom om die vervalle huis te restoureer.

Op deurlopende maar beperkte basis is drama- kuns- en ghitaarlesse daar aangebied. ’n Tweedehandse boekwinkel is gehuisves en later is die Wamakersvallei Opleidingsentrum wat werkloses oplei in kleutersorg en tuisverpleging, ook daar gevestig.

Nadat Lotto-befondsing vir die restourasie van die gebou goedgekeur is, is in Julie vanjaar met die restourasieproses begin is onder leiding van argitek Johan Malherbe.

Die sentrum kan nou as volwaardige multi-dimensionele kultuursentrum bedryf word waar alle belangstellendes kan deel in besprekings, idees, opleiding, navorsing, uitstallings en werkswinkels.

Daar word beoog om ’n boekwinkel en koffiekroeg daar te bedryf, en moontlik ook ’n klein teater.

Daar word ook beoog om ’n kreatiewe skryfkursus daar aan te bied met Breyten Brytenbach as projekleier.

Intussen word met die Munisipaliteit onderhandel om die res van die terreinte huur.

Kontak Eugenie Wiggins by 083-308-8492 vir navrae.
* The Breytenbach cultural centre in Wellington has been restored.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za