Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boer sterk aan

Boer sterk aan
 
2006-11-09


DIT gaan beter met Dan Retief (40), die Wellingtonse boer wat drie weke gelede ernstige hoof- en borsbeserings opgedoen het in ’n motorongeluk in Bainskloof.

’n Vriend, Louis Lazarus, het in die bakkie-ongeluk gesterf.
Retief is in die Durbanville Medi-Clinic onder verdowing geplaas op ’n respirator, maar kan nou daarsonder klaarkom.

Hy is egter in afsondering in die waakeenheid geplaas nadat hy ’n longinfeksie opgedoen het.

Maandag tydens ’n besoek van sy ouers, Dan en Andrenette van die plaas Welvanpas, en sy suster Lorraine, het hy die eerste keer sedert die ongeluk sy oë oopgemaak en gepraat.

Die moontlike nagevolge van sy hoofbeserings is nog nie bekend nie. Die gesin het almal vir hul gebede bedank, waarmee, glo hulle, Dan volkome kan herstel.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za