Oudsoldate maak vordering
2006-11-09
ALLE oud-soldate word genooi om Sondag van 10:00 tot 16:00 te registreer vir moontlike vergoeding van die staat. Die registrasiepunt is by Groenheuwel Primêr.
Dit volg nadat Yassiem Begg, nasionale voorsitter van die SAKK Militêre Veterane Vereniging onlangs ’n vergadering van die Weermag portfoliokomitee bygewoon het.
By dié geleentheid is daar gepraat oor wysigings aan die Wet op Spesiale Pensioene, hoe dit veterane raak en die uitbetalingsproses.
Hierdie is die laaste kans vir registrasie van uitbetalings van veterane. Registrasie eindig 31 Desember.
Mense moet Sondag al die nodige dokumentasie saambring. Dit sluit in twee afskrifte elk van lid, sy vrou en kinders se ID-dokumente, doopsertifikate, diensuittrede sertifkaat, doodsertifikaat (waar van toepassing) en huweliksertifikaat. Verder is die soldaat se magsnommer en nommers van enige medaljes ook nodig.
Afskrifte van uitdienstrede sertifikate is per faks van Pretoria beskikbaar (012-33-946, mev H Strydom). Verskaf ou en huidige adres.
Registrasiegeld van R100 kan by Standard Bank inbetaal word (SACCA Rek 075861615, Tak 3111). Bring ’n afskrif van die strokie saam, plus R30 vir die registrasievorm.
Navrae kan gerig word aan die streekvoorsitter, Tommy Fortuin 072-361-6579.
* Die Skerpioene is ook besig met ’n ondersoek na beweerde ongerymdhede deur organiseerders wat in die verlede die oudsoldate verteenwoordig het.
’n Petisielys is opgestel en mense wat voel dat hulle misbruik is, kan dit Sondag onderteken. Hieronder is onder meer geld wat betaal is vir registrasie en sweetpakke.
More
News
|