Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Chester se ma oorlede

Chester se ma oorlede
 
2006-11-09


OUD-SPRINGBOK Chester Williams se ma Julene, van Goethamstraat in Paarl-Oos, is Woensdagoggend tuis aan ’n hartaanval oorlede.

Dit volg nadat Williams (58) ses weke gelede gehospitaliseer is met hoë bloeddruk.

Haar man, die bekende bouer Wilfred Williams, het gesê dat dit ’n harde slag vir die familie is.

Sy vrou was Dinsdag by die huis toe sy ná middernag gekla het van ’n pyn in die arm. Hy het haar arm ingesmeer, toe sy sê sy is baie dors. Kort daarna het sy gesterf.

“Gelukkig is die kinders almal al groot en die kleinkinders nog te klein om te verstaan. Sy was so vriendelik en bedagsaam, en het altyd uit haar pad gegaan om ander te help.”

Julene word benewens haar man en Chester oorleef deur kinders Anthea Mitchell, Emile Williams en Sonja Jonkers van die Paarl, en tien kleinkinders.

Chester woon met sy vrou en tweeling in Plattekloof. Hy is deesdae rugby-afrigter van die Pumas van Mpumalanga.

Die gedenkdiens is Saterdag om 09:00 tuis te Goethamstraat 46, en om 10:00 in die Zions VGK in Klein Drakensteinweg.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za