Tussenverkiesing in Paarl
2006-11-23
Vyf partye gaan die tussenverkiesing op 6 Desember in Wyk 23 (Denneburg-gebied) in die Paarl beveg, na die bedanking van ’n DA-raadslid.
Verkiesingsbeampte Hertius Carstens het die name van die kandidate Dinsdagmiddag aangekondig.
Die kandidate is Miriam Adriaanse (DA kandidaat), Gerrie Brits (ID kandidaat), Hannes Bezuiden-hout (onafhanklike kandidaat), Harlan Cloete (ANC kandidaat) en Eleanore Basson (WCC-kandidaat).
Kiesers kan van 07:00 tot 09:00 gaan stem by William Lloyd Primêre Skool en die Padvindersaal, Klein Parys. Meer besonderhede kan by 872-8213 verkry word.
More
News
|