Oorlogsveterane byeen
2006-11-23
SONDAG 12 November was weereens ‘n spesiale dag vir die oorlogsveterane-organisasie MOTH van Wellington met die Herdenkingsdag Parade en kranslegging vir gesneuweldes wat gehou is te Victoria Park.
“Old Bill” Siebert de Bruyn het 'n beroep gedoen op die publiek om die Moths (Memorable Order of Tin Hats) te ondersteun in die liefdadigheidswerk wat gedoen word deur die organisasie.
Belangstellende veterane (Tweede Wêreldoorlog en SWA Grensdiens) kan hom kontak om by die Orde aan te sluit by 864-2657 (h) 872-1851 (w) of 084-718-7076.
Hulle klubhuis is geleë te Jan van Riebeeckstraat 34, Wellington. Oorlogmemorabilia word ook verwelkom.
More
News
|