Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe kampushoof

Nuwe kampushoof
 
2006-11-23


DIE Wellington-kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) het so pas ’n nuwe hoof van formaat gekry in die vorm van Ben Truter.

Oorspronklik afkomstig van die Oos-Kaap, het Truter sy naskoolse opleiding by UWK begin, maar moes sy studies daar weens finansiële redes beëindig.

Hy het sy studies deeltyds voortgesit by Unisa en B.Com behaal. Hy het later ’n honneursgraad en MBA aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.

Sy professionele loopbaan het eers by Old Mutual afgeskop, waarna sy bestuursvermoëns by die Skiereiland Technikon op die proef gestel is, waar dit van hom verwag is om voldoende finansiële en administratiewe stelsels te implementeer.

Truter was die afgelope vier jaar verbonde aan die Premier se kantoor as adjunk direkteur-generaal van provinsiale koördinering.

Truter het gesê dat hy die Wellington-kampus wil omskep in ’n volwaardige universiteit met net die hoogste standaarde.

“Ek het baie mylpale reeds geplant in die onderwys en ek wil dit graag voortsit op Wellington. Hier is baie uitdagings en ek wil graag institusionele transformasie ten volle deurvoer.”

Truter is reeds 27 jaar getroud met Linda en het drie kinders, Lindzay (26), Curt (23) en Claudia (17).



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za