Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wynmakers bied vatefees

Wynmakers bied vatefees
 
2006-11-23


TIEN wynkelders in die Windmeul/Pearl’s Gate streek bied Sondag 'n unieke nuwe wynfees aan. Die fees vind van 11:00 tot 18:00 op die Nelson’s Creek Wynlandgoed in die Agter Paarl plaas.

Die fees is om wynkenners en leke bekend te stel aan die streek se uitsonderlike wyne in ‘n feestelike milieu.

Die wynprodusente van hierdie klein wynstreek wat gesamentlik hul wyne onder die Pearl’s Gate naam bemark, wil graag tydens die fees hul geheime en prestasies met wynliefhebbers deel.

Deelnemers sluit in groot kelders soos Boland en Windmeul, asook nuwelinge tot die bedryf soos Crow’s Nest, Under Oaks, Rose Garden en New Beginnings. Van die gesinsplase wat deelneem is Nelson’s Creek, Ridgeback, Rhebokskloof en Bernheim.

Wynliefhebbers kry tydens die fees nie net die geleentheid om saam met die wynmakers van al hierdie kelders direk uit hul vate wyne te proe nie, maar elke plaas sal ook in die tuine op Nelson’s Creek ‘n wynstalletjies hê waar wyne van wêreldgehalte te proe en teen plaaspryse te koop sal wees.

Musiek sal deur ‘n bekende plaaslike orkes aangebied word met heerlike Bolandse kos en lekkernye om te geniet.

Kinders onder sestien is gratis en daar is baie aktiwiteite om hulle te vermaak soos laserskietgevegte, perdewaens, trekkerritte in die wingerd, springkastele, swem en vierwiel-quadfietse.

By meer as twintig stalletjies sal die wynmaakproses uitgebeeld sal word - van die swaar masjinerie en toerusting waarmee grondvoorbereiding gedoen word en die wyse waarop stokkies gedraai word tot en met die bottelering en verskeping van wyn - alles sal binne ‘n betreklike kort afstand te siene wees.

Dis ook ‘n geleentheid om plaaslike wyne en ‘n wynvat vol van die beste wyne van kelders uit een van die beste wynstreke in die wêreld te koop. Kaartjies is by die hek van 11:00 beskikbaar.

* A barrel wine festival will be held at Nelson’s Creek on Sunday.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za