Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Besondere skenking aan museum van afstammeling

Besondere skenking aan museum van afstammeling
 
2006-11-30


’n AFSTAMMELING van die bekende Wellingtonse lektrise Mary Elizabeth (Lizzie) Cummings het drie besondere artikels aan die Wellington Museum geskenk.

Beth Krüger se ouma Lizzie (later Gamble) was die eerste Cummings wat onderwys aan die destydse Hugenote Seminarie gegee het.

Dit was Lizzie wat destyds die geld bekom het van Edward Goodnow om die Goodnow-saal te bou.

Lizzie het Botanie, Latyn en Engels onderrig, maar Botanie het haar baie na aan die hart gelê.

“The special aim was to become acquainted with our beautiful and varied South African flora,” het sy gesê.

So het sy dan vir haar Botanie-studente uitstappies veral na Bainskloof gereël.

In 1884 het sy verlof geneem en Europa en Amerika besoek. In Amerika het sy kennis gemaak met professor Asa Gray van die Harvard Universiteit.

Hy het aan haar ’n klein opvoubare mikroskoop geskenk vir haar botaniese ondersoeke. Dit is hierdie mikroskoop wat Beth Krüger
aan die Wellington Museum geskenk het.

’n Tweede geskenk was ’n klein briefskaaltjie. Destyds is baie briewe tussen die Cummings familie in Wellington en Amerika verwissel.

Dit het ses weke geneem vir ’n brief om sy bestemming te bereik - en die gewig van die brief was baie belangrik om die betrokke seël te bepaal. Daarvoor is hierdie unieke skaaltjie gebruik.

Die plat oppervlakte aan die een kant van die skaal wys duidelik die koste van die seël per gewig.

Die derde skenking is ’n boek wat in Amerika uitgegee is in die 19de eeu: EA Goodnow (A Souvenir Sketch). Dit bevat ’n lys van al die skenkings wat Edward Goodnow gemaak het.

* A Cummings descendant has donated memorabilia to the Wellington Museum.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za