Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekende sakeman sterf

Bekende sakeman sterf
 
2006-11-30


DIE bekende Paarlse sakeman Rudi Lohbauer is Dinsdag 21 November in die De Oude Renbaan Versorgingsoord oorlede.

Hy was vir 34 jaar lank die eienaar van die ingenieursonderneming Louw en Lohbauer.

Lohbauer het in 1956 as jong man vanaf Duitsland na Suid-Afrika geïmmigreer.

Hy was onder andere werksaam by Spilo en Bakke voordat hy en sy lewenslange vriend Deon Louw hul onderneming in 1967 in Van der Lingenstraat begin het.

Lohbauer het oor die laaste vyftig jaar diep spore getrap in die Paarl.

As jong man was hy ‘n begaafde sokkerspeler en het dan ook ten spyte van werksdruk nog steeds tyd gehad om Paarl op die sokkerveld te verteenwoordig.

Hy was ‘n lewenslange lid van die Duitse Klub in die Paarl en ook ‘n aktiewe gholfklublid.

Hy word oorleef deur sy eggenote Charlotte, enigste seun Franz (die huidige eienaar van Lohbauer Engineering), skoondogter Anneke en
twee kleinkinders, Rudolf en Bianca.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za