Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diewe opgespoor

Diewe opgespoor
 
2006-12-07


TWEE sestienjarige seuns is Sondagaand in hegtenis geneem nadat ’n op-en-wakker treindrywer hulle verdagte bewegings gerapporteer het.

Die seuns is op die spoorlyn in Huguenot opgelet en die polisie is dadelik in kennis gestel.

Die polisie is vinnig na die toneel en het op die seuns afgekom terwyl hulle oor ’n muur agter Kilotreads probeer klim het.

Daar is sowat vyf meter vlekvrye staal pyp in hul besit gevind, maar dit is steeds nie duidelik vanwaar die pyp afkomstig is nie.

Die seuns, wat na bewering op straat woon, word in aanhouding gehou totdat hulle ouers opgespoor kan word.

* Boere in die Paardeberg-omgewing is die afgelope naweek sonder kommunikasie gelaat, nadat 300 meter koperkabel gesteel is.

Diewe het in die omgewing van Boland Landbouskool ’n telefoonpaal afgesaag en daarna die koperkapel uitgeryg.

Dit is die vierde keer in bykans ’n maand wat telefoonlyne in dié omgewing gesteel word en alle plase afgesny van die buitewêreld.

Niemand is in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za