Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarliete kry hul eie Boule-baan

Paarliete kry hul eie Boule-baan
 
2006-12-07


DIE Paarl het nou sy eie Boule-baan gekry. Woensdag het Drakenstein onderburgemeester Matthys Nothnagel die Boule-baan in Ambagsvalleistraat amptelik geopen.

Die ontwikkeling van die baan is die breinkind van Louis Jacobs, Sekretaris van die Bergriviervallei Forum vir Afgetredenes, en wyle Ron Hendricks wat die Boule-bal aan die rol gesit het by Drakenstein Munisipaliteit.

Hierin is hulle ondersteun deur die Drakenstein Sportforum onder leiding van Thomas du Plessis en Sammy Andrews.

“Drakenstein Munisipaliteit ondersteun die Bergriviervallei Afgetredenes Forum heelhartig in die uitbou van hierdie sportsoort in die vallei, veral onder die meer senior burgers.

“Ons wil julle ook gelukwens met die prestasies wat julle reeds bereik het, veral gedurende die deelneme by die onlangse Bastille-fees op Franschhoek,” het Nothnagel gesê.

Die Forum se manspan het die finaal gehaal en twee vrouespanne het daar koning gekraai.

Boule is ’n vorm van rolbal wat met metaalballe gespeel word (oorspronklik kanonballe). Dit staan in Frankryk ook bekend as “Petanque” (afgelei van die Franse gesegde “pied tanques” wat beteken voete bymekaar).

Petanque is ’n Franse spel wat in die laat 19de en vroeë 20ste eeu ontstaan het uit twee ander spele, Lyonnais en Jeu Provencal, wat albei met die ysterballe gespeel was.

Kranige Boule-speler van Pniel, Freddie Simpson, vertel dat ’n familielid uit Frankryk besoek kom aflê het en die gesin leer speel het.

Dit het aanleiding gegee tot die stigting van ’n klub in Pniel.
Die Simpsons het by Bergriviervallei Forum vir Afgetredenes aangesluit en nou het die Paarliete ook aangesteek.

Op Dinsdag 12 Desember vanaf 10:30 vind die eerste Boule-kampioenskap in die Paarl op die nuwe baan in Ambagsvalleistraat plaas. Veertien spanne van drie spelers elk gaan deelneem.

Toegang is gratis en almal is welkom. Bel Louis Jacobs by 862-1623.

* A Boule court has opened in Paarl East.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za