Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


2006 in 'n oogwink

2006 in 'n oogwink
 
2006-12-20


DIE jaar is weer eens verby en dit is tyd om terug te kyk na die gebeure wat die jaar beide versier en ontsier het.

2006 het afgeskop met skrikwekkende bergbrande in die Drakenstein-omgewing wat meer as 20 000 hektar fynbos verwoes het.
Tydens dié tyd het ’n vrywillige brandbestryder, Ernie Hagen, ernstige nek- en rugbeserings opgedoen toe hy deur ’n muur water vanuit ’n helikopter getref is.

* In Februarie is verskeie voertuie beskadig toe ’n stuk van die dakwering van die Wamakersplein-winkelsentrum in die middedorp losgeskeur het.

* ’n Tronkbewaarder het sy oog verloor in ’n gru-ongeluk op die Wemmershoekpad. Hierdie pad het al die lewens van talle mense geëis, maar met al die nuwe ontwikkelings langs die pad word ’n gedeelte van die pad verbreed vir veiligheid.

* Pruimboere het vanjaar ’n uiters swak oes gehad, nadat ’n koue front die vorige September die vrugtebestuiwing van die bloeisels verhinder het.

* Een van die opspraakwekkendste gebeurtenisse van die jaar was toe die gebied aan die einde van Februarie deur kragonderbrekings getref is, weens probleme by Koeberg en die publiek is gewaarsku om hulle gereed te maak vir kraglose maande.

Besighede kon nie voorbly met die verkoop van kragopwekkers en gas-toerusting nie. Dit was alles toe verniet, want die onderbrekings het vir slegs twee weke geduur en Koeberg is ten volle herstel.

* Maart was die maand van munisipale verkiesings. Geen politieke party het ’n volstrekte meerderheid behaal nie en daar moes gewikkel word om na alliansies en koalisies te kyk. Uiteindelik het die ID met die ANC saamgewerk en Charmaine Manuel is tot burgemeester van Drakenstein verkies met 37 stemme teenoor 22.

* Ook in Maart, is die strate van die Paarl in ’n toneel uit die Wilde Weste omskep, toe rowers ’n sekuriteitswag by die posduifklub in die Bergrivier Boulevard doodgeskiet het tydens ’n All Pay uitbetaling. Die rowers het gevlug en verskeie voertuie gekaap, voordat hulle in Newton deur die polisie aangekeer is.

* Die Paarl is vroeg in April geskud deur die gru-moord op ’n 53-jarige straatwerker, Ellenor Leander. Ure van seks en drank het waarskynlik gelei tot haar dolkdood. Haar liggaam is vanuit ’n huis in Aurorastraat, Denneburg, tot in die straat gesleep.
Clifford Norval (22), by wie Ellenor die aand gekuier het, is in hegtenis geneem in verband met die voorval.

* Shortly after the arrest of young Norval, came a botched bank robbery and hostage drama in Franschhoek, also involving two young men. They allegedly held the daughter of an employee of Nedbank hostage, and strapped explosives to her body.
They demanded that Alta Pretorius fill a bag with money from the bank, otherwise they would detonate the explosives. Their plans were foiled when Alta sought the help of the police.
Darren le Roux (20) and a seventeen-year-old, were arrested.

* The new double lane extension of Jan van Riebeeck Drive was eventually completed at a cost of R34 million. This road now makes commuting between Huguenot and the N1 easier.

* Paarl-Oos het geskrik toe grillerige wit larwes vanuit a waterkraan uitgespoel het. Daar is gevrees dat dit die ‘rat-tail maggots’ plaag was wat in sekere gebiede in Kaapstad uitgebreek het, maar dit was net te wyte aan ’n vuil kraan.

* The security guard strike which plagued most of the country, spilled over to the Drakenstein area, with various people who refused to join the strike being randomly attacked.

* Stormwinde het in Mei chaos gesaai in die Drakenstein gebied, met dakke wat afgewaai is en talle bome wat ontwortel is.

* Veral boere en kranige tuiniers is verheug deur die wydverspreide reëns wat die afgelope winter geval het. Behalwe vir die reën wat die damme bykans vol emaak het, was die ysige koue wat beleef is, baie goed vir die landboubedryf.

* Western Cape Premier, Ebrahim Rasool, officially declared Paarl as one of the hot spots concerning drug consumption with Tik being the drug of choice.

* In Julie is ’n plaaswerker, Willie Appollis, dood na ’n dodelike drinksessie op die plaas in die Bovlei. Nog vyf mede-drinkers het in die hospitaal beland met alkoholvergiftiging.
Daar was bespiegelinge dat die drank wat hulle in die hande gekry het, vergiftig was, maar na vedere ondersoek is daar vasgestel dat die manne té veel, té vinnig gedrink het.

* A total 169 canoeists braved a cold and misty Berg River for the 45th Berg River Canoe Marathon. Due to good rains, the river was full. Defending champion Hank McGregor won the gruelling race to Velddrif.

* Sewe mense is in Simondium dood in ’n gru-ongeluk tussen ’n minibus-taxi en ’n vragmotor. Onder dié wat gesterf het, was twee verliefdes wat van plan was om enkele ure later verloof te raak.

* A paramedic miraculously escaped death during a routine training session on the Berg River, but died from complications two weeks later. Stewart Jooste of the Somerset West rescue services got caught up in the whirlpool at the weir below the Market Street bridge.

* Die Gimmies het die Galpille se gesigte weereens in modder gedruk, toe hulle by die interskole geseëvier het met 23-17. New Orleans was net-net die oorwinnaars oor Klein Nederburg met 7-5 in die jaarlikse derby.

* In August a gun battle took place in the streets of Wellington, after a botched robbery at the Pick ’n Pay centre. After security guards were robbed of more that R100 000, police tried to apprehend the six men. Four of the robbers were arrested and two others managed to escape.

* Die hele Drakenstein was in rep-en-roer met die Cultivaria-kunstefees wat die eerste keer aangebied is. Die Paarl het behoorlik ge-‘rock’ met die klanke van onder andere David Kramer, Chris Chameleon, Laurika Rauch, asook die talle uitstekende teateropvoerings wat aangebied is.

* Die Boland Kavaliers stap breëbors nadat hulle as kampioen van die Currie-beker se Eerste Liga gekroon is. Die Kavaliers het die Luiperds in Potchefstroom met 37-13 geklop.

* Soccer fever hit the Drakenstein with a proposal to upgrade the Boland Rugby Stadium into a world-class sports venue, if the area wins the bid to become a host for a participating soccer team during the 2010 World Cup.

* Die jaar is in November behoorlik bederf toe altesame twintig mense gesterf het in ’n gru-botsing tussen ’n trein en ’n vragmotor by Faure. Dertien van die oorledenes was van Klapmuts afkomstig.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za