Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onderwyser in die sop oor geld

Onderwyser in die sop oor geld
 
2006-12-20


DIE onderwyser wat beweer het dat hy van R26 000 beroof is wat deur personeellede van Dalweide Primêr gespaar is, is vandeesweek in hegtenis geneem vir meineed.

Ainsley Jacobs het beweer dat hy twee weke gelede by FNB in Lady Greystraat, Paarl ontvoer is en toe op die N1-snelweg gelaat is.
Die rowers het na bewering met R26 000 ontsnap wat deur die jaar deur die onderwysers gespaar is.

’n Wye soektog is deur verskeie takke van die polisie geloods, op soek na die vermeende rowers.

Daar is egter later vasgestel dat Jacobs die dag van die roof geen geld by die bank onttrek het nie.

Toe die polisie hom weer in verband met die voorval wou ondervra, het hy spoorloos verdwyn.

Nadat die polisie inligting ontvang het dat Ainsley se voertuig by ’n motorhawe by die Somerset-Mall in Somerset-Wes gesien is, is Jacobs binne die voertuig gevind met sy polse gesny.

Hy is na die Paarl Medi-Clinic geneem vir behandeling en toe hy Maandagoggend ontslaan is, het lede van die polisie hom vasgekeer by die hospitaal.

Hy is amptelik aangekla en nadat hy in die Paarl landdroshof verskyn het, is hy op borgtog vrygelaat.

’n Personeellid van Dalweide het gesê dat hy R2400 hierdeur verloor het.

“Dit was geld wat ek op die 15de van elke maand aan Ainsley betaal het met die belofte dat ek teen Kersfees ’n lekker bonus sal hê om geskenke te kan koop.

“Dit gaan egter vanjaar ’n skraal feestyd wees, want ek het op daardie geld staat gemaak.”

Die skoolhoof van Dalweide, Ernest Johannes, wou geen kommentaar lewer oor die aangeleentheid nie, en wou ook nie sê wat Jacobs se huidige posisie by die skool is nie.

* The school teacher who was allegedly robbed of R26 000 of teachers’ savings money, has been arrested for purjury.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za