Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Prokureur oorlede

Prokureur oorlede
 
2007-01-11


DIE bekende Paarlse prokureur Denis Jooste (75) is op 22 Desember in die Paarl MediClinic oorlede weens komplikasies na ’n breukoperasie. Hy was die langspraktiserende prokureur in die Paarl ten tyde van sy dood.

Jooste is in 1931 in die Vrystaatse dorp Parys gebore en het in Knysna matrikuleer.

Hy het ’n leerklerkskap by die firma Dan du Toit in die Paarl gevolg terwyl hy deeltyds studeer het aan die Universiteit van Kaapstad en is op 30 Junie 1961 toegelaat as prokureur (die eerste prokureur wat toegelaat is na republiekwording).

Die firma is later deur Jooste en sy destydse vennoot Sybrand van Wyk oorgeneem en is uitgebou tot ’n florerende praktyk. Die laaste vier jaar het hy van sy huis gewerk.

Hy word oorleef deur sy vrou Christine, dogters Denise Scholtz, Lindi Jooste, Louise Hämmig, ’n seun Denis, asook vier kleinkinders. ’n Dankdiens is op 30 Desember gehou.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za