Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dahliaskou die naweek in stadsaal

Dahliaskou die naweek in stadsaal
 
2007-01-18


DIE Wellington Dahliavereniging hou vanjaar vir die eerste keer sedert sy stigting in 1992 ‘n ope skou, waarna alle Dahliaverenigings van die Wes-Kaap genooi is.

Dié spogskou is Saterdag in die Wellingtonse stadsaal van 14:30 en word deur die burgemeester, Charmaine Manuel, geopen. Toegang is R5.

Die kompetisie beloof om baie sterk te wees. Van die beste kwekers in die Wes-Kaap sal sake uitspook om die pryse en medaljes in die 14 afdelings.

Vanaf 16:45 word die blomme aan die publiek beskikbaar gestel om te koop. Verversings sal ook te koop aangebied word.

Alle belangstellendes word uitgenooi om hoë kwaliteit dahliablomme te kom besigtig. Kom ontmoet ook die kwekers vir moontlike aankope van bolle vir die volgende plantseisoen.

Vir navrae, skakel Ivan Davey (021-862-7975).



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za