Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tik word al erger

Tik word al erger
 
2007-01-25


TIK is besig om ons gemeenskap te vernietig en ek kan dit nie meer vat nie. Só sê Arthur Adams, ’n inwoner van Amstelhof wat elke dag die gevolge van dié gevreesde dwelm sien.

Arthur glo ’n man kan nie maar net jou rug op ’n probleem keer en niks daaraan doen nie.

“Ek glo waar ek bly, in Amstelhof, is die probleem seker op die ergste in die Paarl. Maar daar is baie ander gebiede hier en in die res van die land wat net so sukkel.”

Nou wil hy ’n optog parlement toe hou om ouers se nood en moedeloosheid onder die leierskap se aandag te bring.

“Ek soek kerkleiers, gemeenskapsleiers, skoolhoofde, jeugleiers, ouers, almal wat bekommerd is oor dwelms, om saam met my te stap.”

Mense kan hom skakel by 072-544-7331 om die projek te bespreek.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za