Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekende oorlede

Bekende oorlede
 
2007-01-25


’n BEKENDE inwoner van die Paarl, Joubert Roux, is Sondag aan longkanker oorlede.

Joubert was ’n puik sportman. Gedurende sy skooljare aan Primêre Seunskool het hy WP-kleure vir atletiek verwerf en Bolandkleure vir jukskei. Hy het twee jaar vir Hoër Jongenskool o.19A-rugby gespeel.

Hy het ook vir Namibië losskakel gespeel in sy tyd daar en was deel van die sterk span wat die Vrystaat onder leiding van Louis Luyt geklop het.

Joubert was ’n bekende tennisspeler en het Bolandkleure in dié sport
verwerf.

Hy het baie jare vir Paarl Grootuitdaag tennis gespeel, het jare op die bestuur gedien en was vir vyf jaar klubkaptein.

Joubert het ook pragtig gesing. Toe hy elf jaar oud was, het hy saam met Hendrik Susan opgetree en is hy beskryf as ‘die seun met die goue stem’.

Hy was ’n wynboer van beroep. Sy erfplaas, Môrelig, was in Wemmershoek.

Hy was getroud met Connie. Hulle het twee kinders, Jacques Roux en Charmaine van der Merwe.

’n Dankdiens word Maandag om 10:00 in die Toringkerk, Paarl gehou.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za