Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl groet Gordon Mitchell

Paarl groet Gordon Mitchell
 
2007-01-25


’n GROOT gees in plaaslike rugbykringe het Vrydag heengegaan ná ’n kort siekbed.

Gordon Mitchell (50) was ’n groot rugbygeesdriftige en het tot met sy dood insae gelewer in die werking van sy gunstelingklub, Young Peoples.

Mitchell het in 1970 aan die Hoërskool Noorder-Paarl gematrikuleer.
Hy het van skooldae af in die haker-posisie gesak en groot welslae op die veld behaal.

Hy het in 1974 vir Peoples se derde span uitgedraf voordat hy in 1976 vir die eerste span begin speel het.

In dieselfde jaar het hy ook die Paarl ligaspan in die LG Kearns-kompetisie verteenwoordig. Van 1977 tot 1980 het hy vir die WP Federasie span in die Sport Pienaar-kompetisie gespeel. Gordon het in drie eindstryde van die toernooi gespeel.

Die kompetisie is in 1980 na die Santambank Trofee-kompetisie herdoop, met Mitchell wat vir die WP Ligaspan gespeel het.

Mitchell is een van net twee spelers wat 100 wedstryde in die WP Liga-trui gespeel het.

Hy was ook ’n paar keer die kaptein, in die plek van die beseerde Pompies Williams.

In 1984 is hy vir die SA Federasie Uitnodigingspan gekies om saam met groot name soos Groot Schalk Burger en Div de Villiers teen ’n Engelse toerspan te speel.

In 1987 is hy in die SA Nampak voederspan opgeneem wat na Suid-Amerika getoer het.

Mitchell het vir ’n lang ruk op Young Peoples Rugbyklub se bestuur gedien en het die span van 1990 tot 1995 afgerig.

Die tuisdiens is Saterdagoggend om 10:00 by die Mitchell woning en die gedenkdiens word om 11:00 vanuit die Zions Kerk in Klein
Drakensteinweg gehou.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za