Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Viool speel is sy groot droom

Viool speel is sy groot droom
 
2007-02-08


“DANKIE Vader vir my eie viool,” kom die dankbare woorde oor die jong Ashley Booysen (18) se lippe, terwyl hy die vioolsnare liefderyk stryk en reeds bekende note daarop speel.

Dis asof ’n droom vir hierdie jong man van Maystraat in Paarl waar geword het en hy nou uiteindelik sy droom om viool te kan speel, kan uitleef.

Sy storie lees soos ’n sprokie.

“Ek het nog altyd baie belang gestel om viool te kan speel en probeer om een in die hande te kry. Ek sou wat wou gee om opleiding te kon ontvang, maar het egter die skool weens omstandighede in graad 11 in 2004 verlaat.”

Hy is ’n oud-leerder van Charleston Hill Sekondêr.

Ashley het nie gaan lê nie en kry nou vaardigheidsopleiding in die boubedryf deur Boland Kollege.

Instrukteur Shafiek Abrahams het hom in kontak gebring met die Imbulah Trust wat minderbevoorregte kunstenaars ondersteun en sy liefde vir musiek het hom gedryf om te Rap.

In sy soektog om by die trust uit te kom, het hy sy wens aan Nafia Botha, sekretaresse van Onderwysdirekteur Jannie Beukes by die Weskus Wynland Oboskantoor, vertel.

Sy het hom aangeraai om sy CV en aansoeke om toelating by die Frank Pietersen Musieksentrum gereed te kry en het die sentrumhoof, Vaughan Pietersen, gebel.

Die wiele van Booysen se vioolspeeldrome het nou gerol. Sy aansoek is ingedien en hy is as student aanvaar. Maar hy het nog ’n viool gekort.

Botha het as fasiliteerder opgetree om hom in kontak te bring met haar broer Adam Douman. Hy is ’n onderwyser en betrokke by Smart People en saam met (voorsitter) Russell du Plessis is sy aansoek deurgegaan.

Kort voor lank het hulle die fondse van R700 voorsien om ’n viool vir Booysen te koop. Hy glimlag nou van oor tot oor en begin eersdaags met musiekopleiding by die Musieksentrum.

“Ek weet die deure het nou vir my oopgegaan en ek besef dat ek nou meer as ooit alles moet insit om uiteindelik meer uit te kry,” sê Booysen.

“Ek is baie dank verskuldig aan almal wat gehelp het. Hulle kry almal komplimentêre kaartjies na my eerste uitvoering!”



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za