Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reünies beplan

Reünies beplan
 
2007-02-15


CHARLESTON HILL: Onthou u die goeie ou dae van bont rompe tot rooi rompe by Charleston Hill Sekondêr? Was u onder die eerste standerd ses- of sewe-klas in 1991?

Dan moet u nie vanaand se vergadering om 19:30 vir 20:00 in die skoolsaal mis nie.

Daar word ’n groot reünie beplan vir die 1991-klas, so kom help
beplan.

Navrae by Hein Cupido (021-862-2141) Wilchereen (Willa) Valentine (072-778-3434) of Fred Alexander (021-862-1397).

Maleistraat: Die oud-inwoners van Maleistraat (Ou Tuin) in die Paarl beplan ’n reünie op Saterdag 3 Maart van 10:00 tot laat in Orleanspark.
Bring u eie piekniekmandjie of vleis om te braai. Alle belangstellendes kan Johnny Boy (Vissie) skakel by 083-530-6774.

Bergrivier Hoër en Pauw Gedenk: Dié twee skole beplan ’n reuse-reünie. Die graad sewes van Pauw Gedenk van 1965, die graad agts van Bergrivier Hoërskool van 1966 en die matrieks van Bergrivier van 1970 word gevra om David Petersen by 021-873-5363 of 073-502-7828 te kontak.

Handelskool: Oud-leerlinge van die Paarl Hoër Handelskool (nou Labori) wat in 1988 matriek geskryf het, word versoek om vir Nelda Bester by 084-823-5787 of (023) 317-1864 te kontak met die oog op ’n reünie volgende jaar.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za