Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington trakteer met oesfees

Wellington trakteer met oesfees
 
2007-02-15


BESOEKERS aan Wellington kan hulself voorberei op die beste van 23 tot 25 Maart wanneer die eerste Wellington Wynroete Oesfees aangebied word.

“Ons beplan ‘n naweek van goeie wyn, kos, pret en ontspanning,” sê Annelize Stroebel, Bemarkingsbestuurder van die Wellington Wynroete.

Kos- en wynliefhebbers kan hul dag begin deur hand by te sit met die oes van druiwe in die wingerd voor hulle ontbyt geniet aan die voet van die Groenberg.

‘n Rustige middaguurpiekniek in ‘n lowergroen weiveld bied ‘n blaaskans na ‘n rumoerige druiwetrap-sessie voor besoekers die dag afrond met ‘n heerlike fynproewersete in een van die streek se privaat kelders.

Sport- en buitelugentoesiaste kan uitsien na ‘n 21km padwedloop of 10km pretloop, boules, vierwiel-ritte, kleiduifskiet, fynbosstaproetes en trekkerritte in die wingerde.

Keldertoere en wynproe-sessies is vir volwassenes, maar die kleinspan is ook baie welkom en verskeie lekker aktiwiteite word beplan om hulle besig te hou terwyl pa en ma ontspan.

Kaartjies teen R30 kan gekoop word by alle deelnemende plase en verleen besoekers toegang tot enige kelder vir die duur van die Fees en sluit ‘n komplimentêre wynproe in. Besprekings word aanbeveel.

Besoek www.wellington.co.za of skakel 873-4604 vir nadere besonderhede.

* Wellington wineres are to present a harvest festival from 23 to 25
March.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za