Bainskloof bemors
2007-02-22
DIT was 20 jaar gelede dat Mimi Lotriet in die Paarl Post brieweblad haar kommer uitgespreek het oor die toestand van Bainskloofpas en die dorpie op die kruin.
Vandag is daar steeds probleme met indringerplante en wattelbome.
Maar dis veral rommelstrooiing en besoedeling van die Witterivier van hordes onverantwoordelike besoekers wat Mimi warm onder die kraag het.
Mimi trek nou dorp toe, maar sy sal bly baklei vir die behoud van haar geliefde berg.
Die Vriende van Bainskloof het hul bes probeer om die pas en die klowe goedversorgd te kry, met projekte vir die uitroeiing van indringerplante, netjies geboude stilhouplekke en vullisdromme waarin bobbejane nie kan grawe nie.
“Niks sal egter help indien die mens nie self respek vir die berg het nie,” sê Lotriet.
More
News
|