Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moedige ma ter ruste

Moedige ma ter ruste
 
2007-03-08


’n WELLINGTONSE ma van drie het die naweek haar stryd teen beenmurgkanker verloor.

Ten spyte van ’n beenmurgoorplanting het Hanneke Malan (43) van die plaas Groenvlei verlede week in ’n koma verval en nie weer bygekom totdat sy Maandagoggend gesterf het nie.

Die gemeenskap van Wellington het die dapper vrou en haar gesin sedert sy in Desember 2005 met leukemie gediagnoseer is, met liefde en beenmurgskenkings bygestaan. Verlede jaar is daar na ’n maandelange soektog ’n geskikte skenker in Duitsland gevind.

Hanneke het goed reageer op die stamseloorplanting in Augustus, maar het later weer siek geword.

Sy en haar man het honderde mense geïnspireer om beenmurgskenkers te word, om so op die beenmurgbank geregistreer te word vir die redding van bloedsiektelyers.

Hanneke sal deur almal wat haar geken het, onthou word vir haar positiewe uitkyk op die lewe, haar opgeruimdheid en deursettingsvermoë.

Sy laat haar man Petro en kinders Lené (16), Anke (13) en Jan-Hendrik (11) agter.

Die gedenkdiens is vandag 10:00 in die NG Moederkerk, Wellington.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za