Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diere wag vir komitee

Diere wag vir komitee
 
2007-03-15


WELLINGTON se weggooi- en wegraak-honde en -katte sal steeds ’n tuiste vind by die hokke van die Dierebeskermingsvereniging - al is daar vir die volgende maande nie ’n komitee in beheer nie.

Tydens ’n algemene vergadering verlede week, onder leiding van nasionale DBV bestuurslid Megan Loxton, is besluit om die verkiesing van ’n bestuur vir sowat drie maande uit te stel.

Dit is om diegene wat hulle verkiesbaar gestel het, maar nog nie twaalf maande lank DBV-lede was nie, kans te gee om wel tot die komitee verkies te kan word.

Die verkiesing is genoodsaak deur die bedanking van die vorige komitee weens, in hul woorde “maande van onproduktiewe konfrontasie met oningeligte lede van die publiek wat geld as die enigste doel van die vereniging sien.”

Terwyl Colleen McQueen en diere-inspekteur Jenny Gerber by die DBV-hokke buite Wellington nes tevore diere inneem, versorg en goeie tuistes vir hulle soek, word daar steeds elke Dinsdagmiddag deur Alison Cox, haar span en ’n plaaslike veearts, by Weltevrede ’n kliniek vir die versorging van die gemeenskap se troeteldiere gehou.

Tot die nuwe komitee verkies is, sal dringende sake van Wellington na die nasionale komitee verwys word.

Navrae kan gerig word aan Loxton by 011-907-3590.

* Wellington SPCA has been left without a steering committee following an abortive AGM last week.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za