Bekende aktrise by ma- en dogterstee
2007-03-22
DIE Hugenote Laerskool op Wellington hou ‘n fondsinsamelingsprojek met ‘n Ma- en Dogterstee op Saterdag 21 April om 10:00 in die PH Nortjé- saal by die skool. Die bekende aktrise Rolanda Marais, Oud-Hugenoter en Wellingtonner, sal die spreker wees.
Rolanda is veral bekend vir haar vertolking van “Stephanie” in die Televisiereeks “Binnelanders” en is alreeds ‘n ou bekende in ons almal se televisiekamers.
Die ma’s en dogters sal ook die geleentheid kry om vir R5 elk ‘n foto te laat neem saam met Rolanda. Daar is boonop hope geskenke, gelukkige trekkings en heelwat verrassings!
As ‘n verdere bonus sal sanger Niel Buchner, wenner van die 2007 ATKV Liertoekennings, ook ‘n paar liedjies sing.
Vir kaartjies, skakel Mariechen Erasmus by 021-864-1045 of 082-736-1512.
* Maak ‘n bod op ‘n alleenkuiertjie vir twee saam met Rolanda by ‘n koffiewinkel op Saterdag 21 April. SMS jou naam en die bedrag na 082-736-1512 voor 20 April 20:00. Slegs die hoogste bod is betaalbaar.
More
News
|