HJS beoog boek
2007-03-22
SUKSESVOLLE sakemense, ontdekkingsreisigers, sporthelde, onder andere Springbokke, onderwysers en vele ander bydraes tot die samelewing, is slegs ‘n paar van die prestasies wat aan die lig gekom het uit die vraelyste wat deur respondente van Hoër Jongenskool Paarl voltooi is met die oog op ‘n gedenkboek om die skool se 140ste bestaansjaar in 2008 te vier.
Hierdie inligting deur gewese leerlinge van plekke so ver as Rusland en Hong Kong, onderwysers, instansies en donateurs.
Volgens Babsie Truter, skoolbibliotekaresse en samesteller van die publikasie, sal hierdie koffietafelboek so omvattend as moontlik wees. Sowat 3300 mense is gekontak.
“Die Paarliete se reaksie is egter teleurstellend en talle vraelyste is nog uitstaande.”
“Die name van al die matrikulante sal in die boek verskyn,” sê me Truter.
“Waar geen informasie beskikbaar is nie, sal slegs die persoon se naam en datum van matrikulasie gepubliseer word. Die publikasie sal in Afrikaans en Engels wees.”
Truter is veral gretig om te hoor van oudleerders, komiteelede, donateurs en oud-onderwysers wat graag in die die boek ingesluit wil wees.
‘n Vraelys kan verkry word deur die skool te kontak by 021–872-2875, faks 021-872-5246 of me Babsie Truter by 082-890-7371.
E-pos afskrifte is ook beskikbaar deur te e-pos na library@paarlboyshigh.org.za.
More
News
|