Familie gesoek
2007-03-22
DIE Paarl het baie verander in 35 jaar, maar ek is seker ek sal my broer en seun weer kry.
Hoopvol vertel Frieda Conradie (65) van die slaghuise en hotelle wat aan haar familie behoort het, onder meer in Parow en Ceres.
Toe sy 35 jaar gelede getroud is en die Kaap verlaat het, het sy haar broer en seun in die Paarl agtergelaat. Nou is sy terug en sy soek hulle.
“My man is agt jaar gelede oorlede en vir agt jaar het ek in die Vrystaat rond gedwaal, maar nou het ek huis toe gekom,” vertel sy.
Haar broer, Gideon, het ‘n tyd lank by die destydse Victor Verster gevangenis gewerk. Hy en sy vrou, Mary, het ‘n groot huis in Paarl gehad. Haar seun, Johan Harley, is ‘n 'ketelmaker.
Mense wat haar kan help met inligting, kan die Haven nagskuiling skakel by 021-862-1812.
More
News
|