Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wollies wel tevrede

Wollies wel tevrede
 
2007-03-29


DIE omgee voel mens duidelik in die lug, daar in die saaltjie by die Weltevrede sportstadion waar diereliefhebbers elke Dinsdagmiddag bymekaarkom.

Van die Wellington Dierebeskermingsvereni-ging kom daar vroue wat vrywillig tyd afstaan om die siek en die seer (en ook jonk en gesonde) troeteldiere te pamperlang.

Die gemeenskap weet hulle kry ’n simpatieke oor en daarom kom daar Dinsdae tussen 13:30 en 15:30 nooit minder as 50 mense met hul honde aan nie.

Boonop is ’n veearts van die Dierehospitaal in Wellington ook elke week op ’n rotasiebasis daar tot diens van die troeteldiere met probleme.

So moes besoekers juis nou die week opsy staan om meer lig in die stoor te laat, toe die veearts daar en dan ’n oogkas toegewerk het van ’n dier wat sy oog verloor het.

Vir elke dier word R5 betaal vir ’n dip (of poeier vir ’n jong hondjie), ontwurming en ’n spuit vitamienstroop.

Vir R10 ekstra sal die veearts ’n probleem diagnoseer en behandel. Indien nie anders kan nie, sal genadedood deur die veearts vir R10 uitgevoer word.

Immunisering teen hondsdolheid word gratis gedoen terwyl ’n 5-in-1 inspuiting wat die dier teen die meeste siektes beskerm, teen kosprys, R50, toegedien word.

Vir navrae, kan een van die vroue wat by die kliniek raakvat, DBV-sekretaris Alison Cox, geskakel word by tel 021-873-5292.

Moet haar net nie Dinsdagmiddae soek nie, dan is sy te midde van ’n gekef en gelek, gepaai en gespeel besig met die Wollies en Wagters in Weltevrede.

* An animal welfare clinic is held in Weltevrede, Wellington, every Tuesday afternoon from 13:30 to 15:30.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za