Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eie wyn vir skool se feesjaar gemaak

Eie wyn vir skool se feesjaar gemaak
 
2007-03-29


“SAL jy ’n glasie witwyn soos ’n Chardonnay of verfrissende Sauvignon Blanc geniet, of hou jy van rooiwyn soos Pinotage, Cabernet Sauvignon of Shiraz?”

Dit mag dalkies net die woorde wees waarmee Erna Witbooi jou kan begroet as jy haar besoek.

Hierdie Paarliet en oud-leerder van Klein Nederburg Sekondêr-leerling is ’n buitelewe-mens en iemand met ’n vurige belangstelling in die wynstok.

Sy is tans besig met haar meestersgraadstudie in die wynboukunde aan die Universiteit van Stellenbosch nadat sy in 2001 by KN matrikuleer het.

Te midde van haar besige program het sy onlangs besoek afgelê by haar Alma Mater om die Feeswyn, wat spesiaal deur haar by die Universiteit gemaak is vir die skool se 30ste bestaansjaar, te oorhandig.

“Die resep vir sukses is om met passie jou werk te verrig, toegewyd te wees en bereid te wees om nuwe dinge te leer,” het Witbooi gesê.
Prinsipaal Douglas Abels, oud-prinsipaal Japie Charles en waarnemende prinsipaal Neville Lewis het die feeswyn in ontvangs geneem.

“Ons is baie trots op Erna dat sy as een van ons oud-studente en eerste wynmaker die een is wat die skool op hierdie manier vereer.

“Hierdie 30ste feesjaar-Shiraz wat sy gemaak het, is ’n versamelstuk vir almal verbonde aan die skool. Ons weet dit gaan soos soetkoek verkoop,” het Lewis gesê.

Volgens Glen Samaai, feeskomitee-sameroeper, het die skool ’n besending van 300 bottels ontvang wat hulle self van etikette met die skoolwapen voorsien.

Die bottels verkoop teen R50 stuk en teen hierdie prys sal belangstellendes moet spring om ’n bottel of twee te bekom voordat alles uitverkoop is. Bel Glen Samaai by die skool by 021- 862-2720.

* A former pupil of Klein Nederburg Secondary has made the wine for the schoool's 30th birthday.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za