Behuisingbestuurder skielik oorlede
2007-03-29
’n BEKENDE inwoner van die Paarl, Clive Cupido (54), is Maandagoggend dood aangetref in sy huis in Gledholdstraat, Charleston Hill.
Cupido, die bestuurder van behuisingsadministrasie by die Paarl-Oos Behuisingskantoor, is weens natuurlike oorsake oorlede. Hy het aan hoë bloeddruk gely.
Sy geskokte kollegas het vandeesweek hulde gebring aan hom.
Hy word deur sy kinders, Rigney en Chandré, en hul ma, Brenda, oorleef.
Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie. Navrae by Cecil Cupido, 083-506-2141.
More
News
|