Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong sangeres tref Europa

Jong sangeres tref Europa
 
2007-04-04


‘n JONG sangeres van die Paarl, San-Mere Bester, skop deesdae nes in Nederland, waar sy al selfs met Brigitte Bardot vergelyk is.

San-Mere erken sy moes eers Bardot naslaan, want dié filmster was darem bietjie voor haar tyd.

Die 20-jarige San-Mere woon in Holland saam met haar verloofde, Jolle Schrale, ‘n top klank- en beligtingsingenieur.

Hy werk vir ondere andere Diana Ross, MTV, Daniel Bedingfield en Lucie Silvas met San-Mere wat ook hand bysit.

San-Mere, ‘n oud-Gimmie en ‘n oud-sangstudent van Andrew Strauss, het ook al SA-kleure ontvang vir haar sangtalent.

Sy vertel dat die musiekwêreld in Nederland baie anders as in Suid-Afrika is.


“Daar word baie geld gestort in teater en musiek.

“Ek neem my tyd met ‘n CD- of solo-vrystelling, want ek wil hê my eerste een moet presies wees soos ek dit wil hê.

“Op die oomblik kyk hulle na ‘n ou country-liedjie wat hulle wil oormaak as ‘n moderne dansmusieknommer. Dis waaraan ons nou ook werk.”

San-Mere is op die oomblik nog op ‘n toeristevisum en kan dus nie amptelik optree nie.

Hulle kom egter binnekort in Suid-Afrika kuier en dan kry sy ‘n visum wat haar sal toelaat om te sing en op te tree.

“Verder gaan dit baie goed hier, dis net soms ‘n bietjie koud, maar dit is beslis beter vir my musiekloopbaan in Nederland, meestal omdat daar so baie geleenthede hier is.

“Ek mis die Paarl wel, maar kom 15 April terug vir ‘n kort vakansie saam met my verloofde. En wie weet, miskien een van die dae kom hou ek weer ‘n show in die Paarl!”

Mense kan haar e-pos by san-merebester@hotmail.com.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za