Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gesin vind berusting

Gesin vind berusting
 
2005-05-19


“EK is tevrede, dit gaan nou goed met my kind,” het ’n hartseer Molly Chordnum van Playstraat 16 in die Paarl gesę, ná die dood van haar dogter, Chantél (30).

Molly moes die afgelope 29 jaar haar dogter soos ’n baba oppas en versorg.

Chantél was ’n normale, gesonde baba totdat sy op 14 maande ’n penisillien-inspuiting gekry het vir koors.

“Kort nadat ons tuis gekom het met haar, het sy begin stuipe kry,” vertel Molly.

“Ons is terug dokter toe en hy het met haar gejaag hospitaal toe.”
Molly en haar man, Jimmy, vertel hoe hulle by haar bedjie gewaak het, eers in die Paarl en later by die Rooi Kruis Hospitaal.

Uiteindelik het sy huis toe gekom as ’n invalide. Molly het haar werk as onderwyseres bedank om voltyds aan haar aandag te gee.

Sy vertel hoe die gemeenskap haar ondersteun het met klere en beddegoed.

“Ons het maar swaar gekry, want Chantél het eers van 16 jaar af onderhoud gekry.”

Die egpaar se seuns en skoondogter het hulle ook baie bygestaan. Granville is nog in die huis, terwyl die oudste seun, Tommy, en sy vrou Ansie in die buurhuis woon.

Chantél is uit die Bethel Cong. Kerk begrawe.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za