Hy soek net warm bedjie
2005-05-19
Malané Bosman
HOE hy in ’n supermarktrollie op ’n plaaspad in Noorder-Paarl beland het, kan Timido nie sê nie. Hy sou seker graag wou praat, maar sy redders kan nie honde-taal verstaan nie.
Hy sou dalk vertel dat hy ’n maand gelede nog lekker in sy nooi se tuin gespeel het toe vreemde hande hom gegryp en weggedra het.
Of hy sal kan vertel dat hy nou besef hy was bitter dom toe hy die dag besluit het om op sy eie die pad aan te durf.
Verbygangers wat die hondjie se hartseer huil onder lappe en kartonne in die supermarktrollie gehoor het, het gesorg dat hy ’n tydelike tuiste by die Dierebeskermingsvereniging kon kry.
Maar Timido (sy nuwe naam beteken skaam in Spaans) is beslis baie meer warmte en liefde gewoond as wat hy nou in die sementhok in Suider-Paarl kan kry.
Gesels jy met die opregte jong reggemaakte Jack Russell reuntjie, lyk hy verlore en verleë.
Hy wens hy kan verduidelik waar sy eintlike bedjie is. Maar as niemand sy taal kan verstaan nie, sal hy nie omgee om by ’n liefdevolle gesin in te trek nie.
Solank dit net nie in ’n supermark- trollie op ’n plaaspad is nie. Timido se redders se telefoonnommer is 863-2720.
* A young dog is looking for a home after he was found in a supermarket trolley in Paarl North.
More
News
|