Vrou se lyk in dam gevind
2007-04-19
DIE lyk van ’n vrou is Saterdag in ’n plaasdam op Malaniel-plaas naby Wellington gevind.
Daar is eers vermoed dat Sarie van Rooyen (36) verdrink het, maar na ’n lykskouing is daar vasgestel dat sy ernstige kopbeserings opgedoen het.
Van Rooyen is Saterdagaand laas lewendig gesien by vriende se huis op die plaas, maar sy het nooit by haar eie huis aangekom nie.
Haar liggaam is Sondagoggend in die vlak kant van die dam gevind, wat sowat 30 meter van haar huis af is.
Enigiemand met inligting kan vir insp Hein van der Spuy skakel by 021-873-3333.
More
News
|