Kiesers moet registreer in Amstelhof
2007-04-19
PAARLSE KIESERS in Wyk 27 (Amstelhof) moet seker maak dat hulle geregistreer is vir die komende tussenverkiesing.
’n Verkiesing sal binne die volgende paar weke plaasvind, ná die afsterwe van raadslid Sienah Saaiman (ANC).
Nuwe kiesers (mense wat nog nooit geregistreer was nie, of nuwe intrekekrs in die wyk) moet voor Vrydag 16:00 registreer om te kan stem.
Registreer by die verkiesingskantoor in die Paarlse stadsaal. Navrae by 021-872-4350 of 021-872-8831.
More
News
|