Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Perdesiekte galop al verder

Perdesiekte galop al verder
 
2007-04-19


TIEN perde met simptome van Afrika Perdesiekte het die afgelope maand in die Paarl omgewing gevrek.

Die eerste vrekte was 16 Maart op die perdeplaas Riverside in Simondium, toe ’n vierjarige Arabier-merrie met asemhalingsprobleme gaan lê het.

Staats- en private veeartse jaag sedertdien tussen plase en kleinhoewes om perde teen die dodelike Afrika Perdesiekte in te ent.

Behalwe verpligte inenting, kan die siekte net verhoed word met behoorlike voeding en stalpraktyke en die aanwending van bytinsekweerder.

Afrika Perdesiekte word deur muggies versprei, en word veral op laagliggende dele soos langs die Bergrivier, gevrees.

Met die eerste tekens ses weke gelede, is die vervoer van perde, donkies, muile en sebras ingekort en slegs met streng maatreëls toegelaat.

Nou is daar egter ’n totale verbod op vervoer in, na en van die Skiereiland en Boland areas wat Saron, Paarl, Wellington, Franschhoek en Klapmuts insluit.

Geen perdebyeenkomste kan aangebied word nie en Bolanders kan nie aan perdeskoue gaan deelneem nie.

Daar word intussen ondersoek ingestel of die vrektes slegs aan Afrika Perdesiekte te wyte is, en of daar ook ander virusinfeksies betrokke kan wees.

Staatsveeartse het versoek dat enige ongewone simptome, van hoë koors en asemhalingsprobleme, of sterftes, onmiddellik aangemeld word.

Alle perde wat meer as ’n jaar laas ingeënt is, moet ingespuit word.
Vullens in die risiko-area word nou op vier maande geïmmuniseer.

Vir meer inligting, kontak staatsveearts dr Gary Bührman by 021-808-5026.

* A total ban has been introduced on the transport of horses in the Drakenstein area due to the outbreak of African Horse Sickness, as well as another equine virus yet to be isolated.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za