Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Norval sit 12 jaar

Norval sit 12 jaar
 
2007-05-10


DIE ‘dolk-moordenaar’ Clifford Norval (23) is verlede week tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die grusame moord op ’n straatwerker.

Dié opspraakwekkende moord het verlede jaar op 1 April plaasgevind in Norval se ouerhuis in Aurorastraat, Denneburg, na ’n nag van seks en drank tussen Norval en Ellenor Leander.

Leander is in Norval se slaapkamer 19 keer met ’n dolk gesteek, waarna haar lyk tot in die straat voor die huis gesleep is.

Die liggaam, met net ’n paar wit sokkies aan, is later die oggend deur ’n voetganger ontdek. Die bloedspoor het tot in Norval se bebloede slaapkamer gelei.

Norval is in hegtenis geneem en het nooit aansoek gedoen om borg nie. Hy is in Allandale gevangenis aangehou.

’n Uitgerekte hofsaak het gevolg waartydens Norval vir sielkundige waarneming na Valkenburg gestuur is. Die sielkundige verslag het egter aangedui dat hy wel geestelik geskik is om tereg te staan.

Norval het verlede week skuldig gepleit vir die moord op Leander en is deur Landdros Annamarie Immelman tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis.

* A young Paarlite has been sentenced to 12 years in prison after pleading guilty to a murder charge.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za