Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ferguson Hall vier 100 jaar

Ferguson Hall vier 100 jaar
 
2007-05-10


PRESIES ’n 100 jaar gelede, op 4 Mei, is die eerste hoeksteen van Ferguson Hall op Wellington gelê. Vandag word dit beskou as die besbewaarde historiese gebou op Wellington.

Hierdie gebou was deel van die destydse Hugenote Universiteitskollege vir dames.

Dr Andrew Murray het twee Amerikaanse dames gevra om ’n meisieskool te stig in die lyn van Mount Holyoke in die VSA.

Een van hierdie dames, Abbey Ferguson, het hard gewerk om die nodige fondse te bekom om hierdie gebou te laat oprig.

Vandag huisves Ferguson Hall vir Bybelmedia en ook die Lux Verbi kantore.

Vrydagaand is die 100-jarige bestaan van hierdie gebou gevier.

Dr Jurie Joubert het die geskiedenis van Ferguson Hall voorgelê en daar was ook ’n uitvoering van klassieke musiek deur ’n kwintet van die Universiteit Kaapstad.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za