Markdag
2007-05-17
‘n SATERDAGMARK word elke einde van die maand by Simonsvlei Kelder buite die Paarl gehou.
Die volgende datums is voorlopig 26 Mei en daarna 30 Junie. By die “Big Bottle Market” is nie net snuistery stalletjies, kos en vars produkte nie, maar ook musiekmakers, kunsuitstallings, en 'n springkasteel.
Belangstellendes kan Lynette Griessel skakel by 082-418-4748 of 021-863-3040.
Sy nooi uitstallers na 'n keuringsvergadering.
More
News
|