Finaliste word gekroon
2007-05-17
DIE kroningsaand van Miss Winelands 2007 en haar twee prinsesse vind 8 Junie in die Paarl Stadsaal plaas.
Daar sal ’n program wees van sang en dans, asook ’n glans modeparade deur die 12 finaliste.
Tafels van tien sitplekke kan bespreek word, en besighede word genooi om dié geleentheid te gebruik om hul kliënte te bederf. Sitplekke sal ook op die balkon beskikbaar wees.
Hier ontspan die finaliste tydens ’n besoek aan die wynlande. Vir navrae en besprekings, skakel 083-460-2324 of epos, info@misswinelands.co.za.
More
News
|