Sportman ter ruste
2007-05-17
’n GROOT rugbyheld uit die sestigerjare, Hugo van Zyl (74) van die Paarl, is op 9 Mei oorlede aan ’n hartaanval.
Van Zyl, voormalige Springbok-flank, was die stigter van die sportwinkel Gebroeders Van Zyl aan Jan Phillipsplein.
Hugo het later sy aandeel in dié onderneming verkoop en die sportwinkel Hugo van Zyl Sport in Hoofstraat begin, maar het sowat 20 jaar gelede uitgetree en die winkel verkoop.
Van Zyl, ’n oud-Gimmie, het in Julie 1958 sy debuut gemaak in die Springbokspan as die enigste WP-speler teen Frankryk op Nuweland.
Hugo het tot sy uittrede in 1962 in altesaam 17 toetse gespeel, waarvan slegs een ’n verloor-toets was.
Hy was ook lid van Avril Malan se 1960-toerspan na die Verenigde Koninkryk.
Hy het reeds in 1954 sy eerste verskyning in die WP-span gemaak en teen sy uittrede meer as 60 wedstryde vir WP gespeel, waarvan ’n groot aantal as kaptein.
Hy word oorleef deur sy vrou Zahn, kinders Jack, Sue (Green) en Hugo asook ses kleinkinders.
Die gedenkdiens was Dinsdag.
More
News
|