Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarlse legende sterf

Paarlse legende sterf
 
2007-05-17


DIE bekende Paarlse legende in die sport- en besigheidswêreld, Carel Redelinghuys, is Saterdag op 91-jarige ouderdom oorlede.

Behalwe dat hy eienaar was van Paarlberg Motors en Redelinghuys Motors in Malmesbury, is die Carel Redelinghuys-saal by Gimnasium Hoërskool, na hom vernoem.

“Ons betreur sy heengaan. Hy was ‘n groot donateur en beskermheer van die oud-studentebond,” het skoolhoof Basjan Reinhardt hierdie week gesê.

“Hy is ‘n rolmodel vir baie wat in sy spore moet volg.”

Redelinghuys was vir tien jaar president van Paarl rugbyklub, en vir vier jaar voorsitter.

Volgens sy dogter Annette Dippenaar, was haar pa ‘n man met groot drome.

“Baie van sy drome is bewaarheid. Hy het in die laaste jare regoor die land geboer, vanaf Klapmuts met wingerd tot in Bloemfontein met mielies en koring.”

Redelinghuys laat sy dogters Annette Dippenaar en Alta de Vries en seun Carel Redelinghuys na, met nege kleinkinders en tien agterkleinkinders.

Die gedenkdiens word vandag om 10:30 by die Toringkerk, Paarl gehou.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za