Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geen blinde kol vir Bertus

Geen blinde kol vir Bertus
 
2007-05-24


BLIND of te nie, Bertus Colyn van die Paarl ry stof in die oë van sy siende motorren-kompetisie.

Bertus (36), die blinde telefoonoperateur van die Paarl polisie, sit al sedert sy agtiende jaar as navigator stewig in die passasiersitplek.

Nou het hy en sy siende bestuurder, Eddie Fuller (60) van Kraaifontein, as algehele wenners van ’n 191,3km rit in die Tuinroete uit hul vierwiel-aangedrewe voertuig geklim. En dit nie net teen 14 ander blinde navigators nie, maar ook 15 met volle sig.

Dit verg konsentrasie, vertel Bertus, en goeie kommunikasie tussen die twee manne. En daarvan het hulle genoeg gehad om die rit in vier uur vyf minute en 57 sekondes te wen.

Die kriteria is om vir die minste strafpunte te mik, eerder as die tyd.

Strafpunte word toegeken wanneer daar vinniger of stadiger gery word as die ideale tyd. Afwyking van die roete en verlore tyd weens die misry van inklokstasies tel ook teen jou.

Bertus sit met ’n kriptiese roete- skedule, met tyd-en spoedaanwysings in Braille geskryf, op sy skoot. Daarvolgens gee hy instruksies aan sy bestuurder.

Die roete het hulle na die Wildernis en Karatara geneem, en die tweede deel deur Geelhoutboom na Groot en Klein Brak en terug na George. Die roete was oor teer sowel as gruispaaie met styl afdraende en skerp draaie.

Bertus het op 12-jarige ouderdom blind geword weens ’n oogsiekte. Dit ten spyt, is hy ’n bekende musikant en in sy eie woorde, ’n "adrenalien junkie".

Hy het al uit ’n vliegtuig gespring, ’n radiobeheerde vliegtuig gestuur en ’n kano by die Oranjerivier afgestuur.

“Partykeer is dit nogal ‘scary’, veral daardie vinnige draaie op nat grondpad en die agterkant wat so gly. Maar jy het nooit lank tyd vir bang wees nie. Ná die tyd lag mens weer,” vertel Bertus.

En Sonja, die vrou met wie hy agt jaar lank getroud is - is sy nie senuagtig oor haar Bertus se mannewales nie?

"Nee wat, ek het hom so kom kry," lag sy.

* Paarl police's blind switchboard operator, who navigates in motor rallies, has won an offroad competition against sighted teams.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za